Thomas Sowell

Thomas Sowell
Sowell in 1964
Gebore30 Junie 1930 (1930-06-30)
Gastonia, Noord-Carolina, Verenigde State
Alma mater
Eggenoot
  • Alma Jean Parr (trou 1964; skei 1975)
  • Mary Ash (trou 1981)
Kinders2
Webwerfhttps://www.tsowell.com/

Thomas Sowell (/sl/; gebore op 30 Junie 1930) is 'n Amerikaanse ekonoom, maatskaplike teoretikus en seniorgenoot aan Stanford-universiteit se Hoover-instituut.

Hy is gebore in Noord-Carolina maar het grootgeword in Harlem, New York. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Stuyvesant High School gestaak en later aangesluit by die Amerikaanse Marinierskorps tydens die Korea-oorlog. By sy terugkeer na die Verenigde State het Sowell ingeskryf by Harvard-universiteit en in 1958 sy graad in ekonomiese studies magna cum laude[1] verwerf. Hy het in 1959 'n meestersgraad verwerf aan Columbia-universiteit, en in 1968 sy doktorsgraad in ekonomie behaal aan die Universiteit van Chicago. Sowell het gedien op die fakulteite van verskeie universiteite, insluitende Cornell-universiteit en die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Hy het ook vir verskeie dinkskrums soos die Urban Institute gewerk. Hy is sedert 1980 werksaam by die Hoover-instituut aan Stanford-universiteit, waar hy tans dien as die Rose en Milton Friedman seniorgenoot op openbare beleid. Sowell skryf vanuit 'n Libertyns-konserwatiewe oogpunt. Hy het reeds meer as dertig boeke geskryf en sy werk is wyd gebundel. Hy is die ontvanger van 'n National Humanities Medalje vir innovatiewe studies wat die geskiedenis, ekonomie en politieke wetenskap inkorporeer.

Sowell se nuutste boek, Charter Schools and Their Enemies, is in 2020 gepubliseer.[2][3]

  1. "Thomas Sowell". Hoover Institution.
  2. "The Collapsing Case against Charter Schools". National Review (in Engels (VSA)). 9 Julie 2020. Besoek op 23 November 2020.
  3. Carden, Art. "Charters Close The Achievement Gap, Says Thomas Sowell". Forbes (in Engels). Besoek op 23 November 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search